Kunsoë - Beryl Carvalho - Eyes Alive

Kunsoë

Ons spesiaal ontwerpte, handegeverfde, prostetiese oë word noukeurig vervaardig na die gelang van ons pasiënte se spesifieke behoeftes.

Alle prostetiese oë is handgeverf en die prostetiese oogkleur word presies geformuleer om te pas by die oog kleur van die pasiënt se funksionele oog. Die verf proses is geweldig gedetaileerd en spesifiek in terme van kleur pigmentasie van die iris asook die bloedvate in die sklera (die wit van die oog).

Die posisie van die funksionele oog se iris word gemeet en die prostese se iris word daarvolgens vervaardig en aangepas om iris balans te verseker.

Ons prostese ondergaan 'n glasuurings proses om sodoende lewenslange oogkleur te verseker. In gevalle waar beide oë met okulêre prostese vervang moet word, word die prostese se oogkleur geformuleer volgens die genetiese oogkleur van die pasiënt se familie.

Ons prostese deskundige spesialiseer ook in "gesig balans", deur die vorm van die prostetiese oog te manupileer of die volume van die prostese aan te pas.

Byvoordbeeld in gevalle van ptose (een van die onderste ooglede hang laer as die ander).

Ons geen om

Ons is trots op ons toegeweide, persoonlike diens en verseker dat al ons pasiënte met respek en liefde hanteer word van die eerste konsultasie tot die finale passing van hul prostese asook nasorg.

Contact Us
Operating Hours

Monday - Friday: 9:30 am - 5:00 pm
1 Saturday a month: By appointment only
Sunday: Closed

Let us call you

Provide your details to us and we will be in touch with you.

© Eyes Alive 2015. All right reserved. Website built by Hooligan Development.